Adam sê dis Eva en Eva sê …

Vir een keer word Apartheid nie geblameer vir ‘n skandaal nie.

Korrupte staatsamptenare word nou vir die Nkandla-skandaal geblameer.

So het Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, gesê toe hy daarop gewys het dat pres. Zuma nie verantwoordelik is vir die skandaal nie.

Die minister het gesê Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, se Nkandla-verslag betrek nie die uitvoerende gesag nie en boonop het Zuma nie vir die luukshede by sy landgoed gevra nie. Volgens Mthethwa het diensverskaffers die pryse opgeblaas.

Mthethwa het gekla oor die korrupsie in regeringsdepartemente. Sommige amptenare weier bevordering want hulle weet hulle gaan geld verloor as hulle nie meer die tenderproses kan melk nie, het hy gesê.

Mthethwa het die Chris Hani-gedenklesing in die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein gelewer.

Mthethwa het ook die regsproses geblameer vir die rede waarom die polisiediens nie vroeër van meer as 1,000 lede met ‘n misdaadgeskiedenis, ontslae geraak het nie. 

Opposisiepartye het daarop gewys dat hy vir drie jaar lank niks aan die saak gedoen het nie. ’n Oudit het bevind 1,448 polisielede het ’n misdaadgeskiedenis.

Die polisie gaan 1,017 afdank, terwyl 67 reeds bedank het. 

Foto – Nathi Mthethwa