27 April 1994: Vryheid of vergryp? (Slot)

“Vryheidsdag” word luid verkondig as die “geboorte van demokrasie” in Suid-Afrika en as die eerste tree na voorspoed en gelykheid vir almal.

Die ANC het wel begin as ´n beweging om swart nasionalisme te bevorder, maar onder die kommunistiese invloed van o.a. Nelson Mandela radikaliseer hulle die beweging en stel reeds in 1952 geweldadige magsoorname as doel.

Dit wat hulle dus uiteindelik, aangehelp deur verraderlike pligsversuim aan regeringskant, sou deurvoer is magsvergryp, nie vryheid nie.

“Demokrasie” is in wese volks-verteenwoordigende regering, in volksverband. Hierdie kookpot kan dus allermins as “demokraties” beskryf word: benewens die duidelike getalle-tirannie, is die onderliggende doelwitte onredelik weens die doelbewuste toeeiening van grond, middele en selfs die erfenis van ander.

“Voorspoed” impliseer nie net die materiële nie, maar sekerlik ook om gelukkig of tevrede te wees: wie kan tevrede wees met ´n staatkundige bestel wat in beginsel volksvyandig is? wat in sy grondwet se aanhef [1] in een sin die Afrikaner rangeer na bywoner in sy eie land en verkeerdelik blameer vir die gevolge van eeue se onwilligheid om te werk vir ´n beter toekoms.

Die enigste “gelykheid” wat bereik is, is toenemende armoede en verarming en onderlinge spanning tussen volke wat daagliks kunsmatig aangeblaas word deur die politici en hulle geldmag-meesters.

Teenoor ´n beleid van eie state vir elke volk, waarbinne daardie volk sy eie heil kan uitwerk, word die Afrikaner nou uitgelewer aan wetgewing van hom gehalte onderwys ontsê, hom weerhou van werk of bevordering deur eie meriete, wat selfs wetgewende beperking op die bedryf van ´n eie onderneming. Afwesigheid van dienslewering spreek vanself.

Van die volksmoord en swart-op-wit misdaadgolf wat ons verswelg hoef niks verder gesê te word nie.

[ek ontken nie dat die swart volke ook gebuk gaan onder misdaad of geweld nie: die verskil is dat die swart massa stem telkens vir ´’n bedeling van geweld en korrupsie, dus moet aanvaar word dat dit hulle welgeval.]

Onthou u nog die beeldsending en beriggewing van die Waarheids- en Versoenings Kommissie:

Dit is nie belangrik of ons saamstem met die proses nie, of selfs krities staan teenoor almal wat gaan verskoning aanbied het vir hul optredes nie. Wat veelseggend was, was die omvang van naakte haat en weiering van swart “slagoffers” om die verskoning te aanvaar en te vergewe.

Spreek dit nie van haat en vergelding-sug nie?

Beoordeel maar vir uself wie het reg: diegene wat die vals mantra hierbo slaafs herhaal, dit probeer regverdig of selfs net steun. Die waarheid kan misken en verswyg word, maar bly die waarheid:

“Vryheidsdag” spreek van magsvergryp, van gierigheid vir ander se regmatige arbeids-vrug, van ´n beleid van haat en vergelding en uiteindelik van onderdrukking deur die elite van die proletariat, terwyl hulle hulself verryk uit die staatskas.

Geen van ons wil ontken dat elke volk mag strewe na vryheid, voorspoed en ´n eie land nie. Dit was immers die strewes wat ons voorouers gedryf het om groot hoogtes te bereik en om staande te bly deur diep dale, strewes stewig geanker in hul

Christelik-protestantse geloof.

Maar dit is ´n geskiedkundige feit dat die oplossings van 1913 (segregasie) en 1948-61 (afsonderlike ontwikkeling), hoewel in praktyk vatbaar vir probleme en foute, nie net redelik was nie, maar ook so regverdig as wat uitvoerbaar was.

Belangrike lesse uit die ontplooiing van afsonderlike ontwikkeling is belangrik in die debat oor ´n toekomstige oplossing:

1. Die eiebelang van “groot besigheid” mag nie onderskat word nie. Die sukses van swart state was onderhewig aan hulle suksesvolle ekonomiese ontwikkeling; dit is gekelder deur die weiering van die mega-kapitaliste om hulle te weerhou van ekonomiese verslawing van die swart volke. [2]

2. Die stryd was altyd afgestem op mag. Parlementêre politiek het ontaard in weinig meer as ´n klub vir regerende- en sogenaamde opposisie “verteenwoordigers”, wat toenemend gesteld is op hulle “gesag” en vergoeding.

3. Kulturele verskille en uitlopende waardestelsels tussen die volke van Suid-Afrika maak integrasie sonder prysgawe van ons erfenis onmoontlik. Dit ontken nie ruimte vir ander nie, maar eis bloot die regmatige ruimte vir ons eie!

4. ´n Belangrike verskil is te vinde in die Protestantse werketiek, wat hard werk nie net vir eie voordeel en onderhoud nie, maar ook vir die gemeenskap; daarteenoor is die geskiedenis van Afrika een van dag-tot-dag bestaan en geweldadige stropery van ander se middele wanneer die vrug van ledigheid te swaar druk.

Hierdie werklikheid, wat oral in Afrika sigbaar is, kan net deur eie arbeid suksesvol aangespreek word.

Maar die belangrikste les is sekerlik:

Ons oplossing lê in die hartlike terugkeer na die Christelike lewens- en wêreldbeskouing waarin God en sy Wet sentraal staan.

Binne hierdie beskouing word die grense van individuele vryheid en owerheidgesag, maar ook verskansing rondom kultuur- en sosiale entiteite erken. Om die lewens- en wêreldbeskoulike konsekwensies van ons belydenis deur te trek en deel van ons te maak, verg egter dissipline en die moeite om te studeer. Die vraag is of ons nie die afgelope tyd hiervoor te gerief- en gemaksugtig geraak het nie.

Dit dring ook kritiese vrae aan ons op, wanneer die verval in die Boere-Afrikaner se godsdiens, kulturele meelewing en algemene gedrag in oënskou geneem word.

Ons moet ook die groeiende materialisme van die laat 20ste eeu uit ons volkslewe weer: te veel “volksgenote” is net ingestel op die geld en voordeel wat hulle vir hulself kan inpalm, eerder as om soos in die 1920-30’s by te dra tot die opbou van ons volk!

 

Joffré Papenfus

 

Weens die beperkte ruimte van ´n kort artikel-reeks, word die sake hierin baie oorsigtelik gestel en slegs baie kort bespreek.

Dit is om praktiese redes, nie om die onderliggende kompleksiteit van die sake gering te skat nie.

[1] Die nuwe grondwet is in beginsel verwerplik omdat dit die soewereine beskikking van God Drieënig uitsluit. Ons artikel fokus egter primêr op staatkundige aspekte.

[2] Nie net was daar die verwagte teenstand deur Engelse geldbelange nie. Anton Rupert (en ons kan aflei deur sy invloed ander “afrikaner” sakereuse) het klaarblyklik die beleid doelbewus ondermyn, omdat hulle aangesê is dat die langtermyndoel is swart eienaarskap in swart gebiede. Maar die geldsug het swaarder geweeg as volksbelang by hierdie groepering, wat hulle self verryk het uit die Afrikaner-ontwikkeling van die vroeë 20ste eeu, net om die volk in sowel die 1950’s, as 1980-90’s, in die rug te steek.

[3] Verwys na Nelson Mandela se outobiografie, waarin hy erken dat sy grootste stryd van 1952-59 was om die ANC te beweeg tot gewelddadige optrede teen die regering en die blanke bevolking.

Erkennings:

Dele van hierdie reeks is ontleen aan:

Apartheid, dink weer [http://www.afrikanergeskiedenis.co.za]

´n Politieke oorsig sedert 1910 [http://knaphand.wordpress.com]

Demokrasie? [Lig in Duisternis Uitgewers]

Verskeie pers-artikels