27 April 1994: Vryheid of vergryp? (aflewering 2 van 3)

Uit die eerste aflewering blyk dat die uitdaging is nie net die bestuur van Suid-Afrika se verskeidenheid en verskillende aspirasies nie, maar ook om die redelikheid aldan nie van botsende belange en eise reg te beoordeel.

Ons moet waak dat ons nie slagoffers word van die sindroom dat “die oorwinnaar die geskiedenis skryf” nie.

Redelike aspirasies?

Grondverdeling is die natuurlike strydpunt en moet nie bloot as ‘grond’ gesien word nie, maar as woonplek, werkplek en bakermat van ons volksamelewing, hier en nou. Dit geld natuurlik ook ander volke wat, in Suid-Afrika se omstandighede, dieselfde geografiese area met ons deel.

In lig van die ontwikkelingsgeskiedenis van Suid-Afrika sedert volksplanting, sal enige redelike beoordeling vind dat die Afrikaner sonder twyfel aanspraak het op groot dele van die land én om die vrug van daardie ontwikkeling te geniet.

Daarom die kernvraag: Was die staatkundige- en ander oplossings van die 20ste eeu in beginsel redelik en regverdigbaar?

Die wetgewing van 1913 (hersien 1936) maak voorsiening vir grondverdeling op meer as redelike grondslag wanneer ons historiese migrasie- en woonpatrone in ag neem. Ofskoon die mees ontwikkelde dele in terme van mynbou en nywerheid in blanke besit gebly het, word drie waarhede baie gerieflik verswyg:

1. Daardie myne en nywerhede is opgebou deur blanke ontwikkeling van die land en sy hulpbronne. Die migrasie van

wit en swart in die 18de en 19de eeue het telkens braak landskap gevind: sommige het dit ontwikkel, ander nie.

2. Voordele wat wel na die swart volke gevloei het, was beperk tot lone vir arbeid: ´n wêreldwye norm van industrialisering.

3. Vir die grootste deel van die 20ste eeu was myne onder Britse beheer, deur wie die uiters negatiewe sosiale maatreëls soos trekarbeid en kampongs ingestel is, maatreëls waaronder ook die Afrikaner benadeel is.

[indien Afrikaner politici fouteer het, was dit om nie latere hervorming tot volle ontplooiing te bring nie.]

Na 1948 verkry die Afrikaner eers werklik politieke beheer [1] en die volkere-vraagstukke word onder die beleid van afsonderlike ontwikkeling aangepak. Die kern van hierdie beleid was om die natuurlike verskeidenheid te erken en geografiese ruimte te skep om daardie verskeidenheid en die verskillende aspirasies tot ontplooiing te bring:

1. Die volledige beskrywing was ´n beleid van afsonderlike, maar gelyke ontwikkeling, wat in die vooruitsig gestel is.

2. Vir die eerste maal is grondverdeling in lyn met historiese migrasie- en woonpatrone doelgerig tot uitvoer gebring.

3. Die uitgesproke doel met apartheids-maatreëls was om die terugkeer van swart volke na húlle volkstate aan te

moedig.

Die leuen van “geen stemreg” is die eerste wat sneuwel: stemreg is wel beperk tot die toegewysde woonplek van elke volk.

Soos die swart volke nie oor stemreg in ons gebiede beskik het nie, kon ons nie in hulle gebiede daarop aanspraak maak nie.

Die leuen van “grond diefstal” sneuwel ook: ons het in die historiese oorsig gesien dat geen grond onregmatig verkry is deur die Afrikaner nie. Dit is ´n geskiedkundige feit. Die ontwikkelings in mynbou en nywerheid was grootliks in gebiede nie tradisioneel deur swart volke bewoon nie, maar toe swart arbeid na daardie werksgeleenthede stroom, is hulle nie weggewys nie! Dit is ook ´n geskiedkundige feit.

Die behandeling van swart volke deur die Afrikaner word pragtig geïllustreer deur die gebeure na Bloedrivier:

Die kommando volg die Zoeloe-vlug totdat die militêre bedreiging vernietig is en gesteelde vee teruggeneem is.

Daarna onttrek hulle tot binne húlle regmatige gebied en erken Mpande se koningskap en die Zoeloevolk se gebieds-soewereiniteit. (´n patroon wat sou herhaal by Basoetoeland en vele stamgebiede in die latere ZAR)

Was die oppervlakte-toedeling ideaal? Dit is ´n saak wat oop is vir debat, maar die volgende konteks is onontbeerlik:

1. Binne die geografiese gebied van “Suid-Afrika” in 1910-13 word ingesluit Betsjoeanaland, Swaziland en Lesotho.

2. Die bevolkingsverdeling (wit : swart) was ongeveer 1,3 : 3,5 miljoen [ong. 1:4]. (op daardie tydstip was die Kleurling-vraagstuk beperk tot die Wes-Kaap, en die Indiërs was steeds as tydelike arbeid beskou)

Gedurende dieselfde tyd ondervind Afrika ´n ontwaking van swart nasionalisme. Geleidelik, maar veral in die dekade na WO2, verkry Afrikalande op ongekende skaal onafhanklikheid van koloniale ryke.

Ook in Suid-Afrika groei hierdie strewe, maar twee belangrike faktore speel ´n onderliggende plaaslike rol:

1. Soos elders in Afrika, kan die rol van kommunistiese opsweping nie misken word nie. Die mantra van “utopia” vir die werkers het ´n vrugbare teelaarde gevind in die Afrika-kultuur met sy fokus op bestaan, eerder as ontwikkeling.

2. Anders as elders in Afrika, is Suid-Afrika se blanke, Afrikaner teenwoordigheid ons eie volks-samelewing in ons eie land, nie die teenwoordigheid van koloniste met Europese burgerskap en selfverryking as doelwit nie.

Was die swart aspirasie na ´n eie land met al sy vryhede en verantwoordelikhede verkeerd?

Beslis nie. Daarom die belangrikheid dat ons die inhoud en doelstellings van afsonderlike ontwikkeling deeglik moet begryp en dat dit billik beoordeel sal word, ook teen agtergrond van die redelikheid van swart teeneise.

Onder toenemend kommunistiese invloed word swart teeneise egter uit die staanspoor gestel:

1. Teen die bevolkingsamestelling in eis swart “nasionaliste” die hele land en alle regeermag. Hulle probeer hierdie eise regverdig deur die ons geskiedenis te verdraai en die bestaansreg van die Afrikanervolk in Suid-Afrika te ontken.

2. Erkenning van die volkere-verskeidenheid, erkenning van tradisionele swart okkupasieregte en ´n beleid van voortgesette ontwikkeling van swart state en swart volksbou is telkens afgemaak as “rassisties” en is telkens met

geweld en misdadige optrede begroet

Die liefde en beskerming van die eie is egter in beginsel nie net regmatig nie, dit is gebiedend noodsaaklik en ´n volksplig.

Volkere en volkereverskeidenheid is ´n geskape werklikheid en behoort dus eerbiedig te word. Dit is nie verkeerd nie, dit is nie sonde nie, al sing vele kerke in hierdie vals koor.

Enige redelike ontleding van die beleid van afsonderlike en gelyke ontwikkeling is duidelik: die grondslag en doelwitte van daardie beleid was redelik en regverdigbaar, maar vandag kies mense om die “gelyke” element van hierdie beleid te verswyg.

Onder hierdie beleid sou ontwikkel die TBVC-lande; swart onderwys is vir die eerste maal deur die staat ingestel en befonds; werkgeleenthede en sosiale ontwikkeling was sodanig dat Suid-Afrika met swart toestroming uit ander Afrika-lande te kampe

gehad het.

Geen beleid word ingestel sonder probleme nie en tekortkominge kan maklik na die tyd uitgewys word. Maar indien ´’n redelike en regverdigbare beleid nie sy doelwitte bereik nie, is dit nie noodwendig die beleid of sy ondersteuners wat veroordeel moet word nie.

Soortgelyk kan ´n onredelike beleid, geskoei op onredelike aspirasies, nie bloot as reg, regverdig en goed geteken word bloot omdat die meerderheid onder daardie wanpersepsie verkeer nie.

Daar is ook een belangrike feit wat verswyg word:

Die Afrikaner het nog altyd geworstel met die volke-verskeidenheid, omdat ons nie die inheemse volke van hierdie land uitgeroei het soos Engeland, Frankryk, Amerika en ander aan skuldig is nie!

In die laaste aflewering:

Was 27 April 1994 die geboorte van “demokrasie, vryheid en gelykheid” soos baie dit verkondig?

Watter lesse leer die 20ste eeu oplossings ons?

Joffré Papenfus

 

Weens die beperkte ruimte van ´n kort artikel-reeks, word die sake hierin baie oorsigtelik gestel en slegs baie kort bespreek.

Dit is om praktiese redes, nie om die onderliggende kompleksiteit van die sake gering te skat nie.

[1] Die nasionale regering van 1924-39 het grootliks gefokus op die ekonomiese onderbou nodig vir volks-soewereineteit. Ons fokus is die

staatkundige oplossings van die 20ste eeu, maar die waarde en bydrae van die “Afrikaner eerste” beleid en ekonomiese opbou onder

Generaal Hertzog kan kwalik onderskat word.