Zuma weer geboe

Verlede Woensdag is die ANC president, Jacob Zuma, wéér uitgejou en selfs getart toe sy naam genoem is in die FNB stadion waar die Bafana’s wéér ’n wedstryd verloor het teen Brasilië.

Die uitjouery het soveel aandag getrek dat Zuma se aansien glo ’n aansienlike knou gekry het.

Die sokkerspelery tussen die Bafana’s en Brasilië was blykbaar ’n vriendskaplike wedstryd wat ook deur Zuma bygewoon sou word.

Dit is egter nie bekend of hy wel teenwoordig was nie.

Brasilië het die wedstryd 5-0 gewen.

Intussen het Zuma ’n onderhoud gehad op Kyknet waartydens hy te kenne gegee het dat die Malema-party die minste van sy bekommernisse is.