Zuma se jongste blaps

Die gedenkdiens in Londen wat gehou is vir die voormalige ANC leier, Mandela, is bygewoon deur die emeritus aartsbiskop Tutu, wat daartoe gelei het dat president Jacob Zuma besluit het om die “uitnodiging” van die hand te wys en eerder die troue van Mugabe se dogter by te woon.

Die gedenkdiens sou op 11 Februarie gehou word, maar Zuma het bekend gemaak dat dit vir hom moeilik is om die geleentheid by te woon aangesien hy voorbereidingswerk moes doen vir sy staatsrede.

Die verrigtinge is toe deur die Britte uitgestel na 3 Maart om Zuma te akkommodeer.

Op ’n uiters laat stadium het hy laat weet hy kan nie die geleentheid bywoon nie want hy sal by die Mugabe-fees wees.

Volgens die amptelike skedules, sou Zuma vandag in Londen gewees het, maar het verkies om nie te gaan nie.

Zuma was die naweek by Bona Mugabe se troue.

Hardnekkige gerugte vlieg rond dat Zuma nie in die geselskap van Tutu gesien wil wees nie, alhoewel hy die bewering glo afgemaak het as onwaar.

Politici in Suid-Afrika en in Brittanje het die optrede van pres. Zuma as ’n diplomatieke gemors beskou, en sê dit het Brittanje in ’n ernstige verleentheid gebring.