Yankee en Mugabe bots

Mel Reynolds, ’n voormalige kongreslid van die Republikeinse Party in die VSA, het blykbaar uit Zimbabwe gevlug omdat hy glo vir sy lewe vrees.

Reynolds is uit Zimbabwe gedeporteer en glo nou dat hy steeds agtervolg word deur ’n moordbende uit die buurland.

Die agtervolging spruit blykbaar uit ’n aanname dat hy oor inligting beskik van onwettige handelspraktyke tussen instansies in Chicago en Zimbabwe.

Reynolds verkeer tans in Suid-Afrika en dit is nie duidelik hoe lank hy in die land sal vertoef nie.

Hy het gal gebraak oor die Mugabe-bewind nadat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy pornografiese literatuur het, skynbaar in ’n poging om hom te diskrediteer.

Later is die pornografie-klag teruggetrek op grond van ’n tegniese punt, maar hy moes eers ’n paar dae in ’n oorvol Zimbabwiese tronk deurbring.

Hy het egter skuldig gepleit op aanklag dat hy die land se Immigrasie wet oortree het, en is gedeporteer na Suid-Afrika nadat hy sowat R1200 boete betaal het.

Foto – Mel Reynolds