Werkers in VSA bestraal

’n Lekkasie in houers wat kernafval berg in onderaardse kernkrag stoor in Nieu-Mexiko het daartoe gelei dat 13 werkers positief getoets is aan bestraling

Dit is sovêr bekend die eerste keer dat werkers positief getoets het met bestralings vandat kernkrag afval daar geberg word.

Die Amerikaanse Departement van Energie was egter nie beskikbaar vir kommentaar nie.

’n Kontrakteur wat gemoeid is met die berging van kernkrag afval wou ook nie enige kommentaar lewer nie.

Gedurende die afgelope 16 jaar word kernkrag afval by die ondergrondse bergingspunt gestoor.

Na wat verneem word, is die werkers opgeneem in ’n spesiale kliniek vir behandeling.