Waarheen vlieg SAL se geld?

Die geld wat deur die SA Lugdiens (SAL) vermors is, het van R4 miljoen in die vorige boekjaar, tot bykans R20 miljoen in die nuwe boekjaar vermeerder.

Asof dit nie genoeg is nie, het die SAL in die afgelope boekjaar ’n vêrdere R34 miljoen spandeer op onreëlmatige wyse.

Die skokkende syfers is bekend gemaak deur die SAL se ouditeure volgens hulle jongste jaarstate.

Wolf Meyer, Finansiële hoof van SAL sê die geld wat vermors is, het hoofsaaklik te make met die swak voorraad bestuur by Air Chefs, die SAL se voedsel afdeling.

Die enorme bedrag wat uitgegee is deur onreëlmatige handelinge, is ten opsigte van sekere kantoor kontrakte en grond ooreenkomste.

Die lugdiens het vir die boekjaar ’n netto verlies van R1,2 miljard getoon.