Die VF Plus se leier, dr. Pieter Mulder het vandag sy kandidatelys aangekondig en daarop gewys dat die groter partye wat teenmekaar meeding, van hulle lede vervreemd raak, soos wat die geval is met die DA lede wat nou by sy party aansluiting gevind het.
Die verbasende van alles is dat die vêr-linkse Niekie van den Berg ook aansluiting gesoek en gekry het by Mulder se party.
Politieke waarnemers meen dit
Nog vier ander Zille-party lede verskyn nou op die kandidatelys van die VF Plus.
Laurie Bosman, Theo Venter en Piet Vorster (voormalige Broederbond leiersfiguur) , is almal voormalige lede van Zille se vêr linkse party.
Ietwat later as die ander het André Fourie, voormalige minister van die afgestorwe NP, ook aansluiting gevind by dr. Mulder se party.
Van den Berg, wat uitermatig neerhalend opgetree het teenoor behoudende volksgenote in die dae toe hy ’n omroeper van die SABC was, sê glo hy is teleurgesteld oor die Zille-party se gesindheid teenoor Afrikaans. Hy is later deur Zille verwerp en het met teleurstelling aangekondig dat hy nou werkloos gaan wees na die algemene verkiesing, en na iets anders sal moet soek.
Laurie Bosman, wat voorheen ’n leiersfiguur in Agri SA was, is nou glo ontevrede oor die DA se siening met die grondhervorming in die land.
Politieke waarnemers sê die feit dat Niekie van den Berg nommer tien op die kandidatelys is, beteken daar is geen manier dat hy weer in die sagte stoele van die parlement te lande sal kom nie.
Foto – Niekie
Eenmaal ‘n oorloper, altyd ‘n oorloper.
Ek sal nie met sulke gat tot gat springers saamleef nie. Mense wat hulle oortuigings so vinnig verander soos die wind van koers verander.
Wonder wat die ANC se aandeel hierin is. Gaan hulle nog adjunk ministers aanstel.???
‘n Lekker wye keuse wat hulle het.
Volgende loop die hele spul saam oor na die ANC.
Ek voel so gerus met ou Niekie as een van die VF+ se kandidate soos oor die laksman met die byl omhoog om my kop af te kap.
Lyk my Niekie het sommer by die AWB ook aangesluit.
Lyk my die AB politici is nou weer onder dieselfde dak. Wanneer stel hulle die Vryheidsfront+ Afrikaanses oop vir alle demokrate? Ek glo dan sal selfs Tim du Plessis, Leon Wessels, FW en Pik kan ‘join’.
Windows het ‘n recycle bin; nou lyk dit vir my die VF- is die Suid Afrikaanse politiek se “Recycle Bin”
Vet GRAP.
Ek sien dat die VF+ bekommerde ondersteuners paai deur te se dat die exda liberaliste nou skielik tot ander insigte gekom het en hul party se missie ten volle onderskryf. Die moelikheid is dat hulle, in die toekoms wanneer daar oor beginsels binne die party beraadslag word, heeltyd na links gaan neig. Hoe meer exda lede as leiers as leiers in die VF+ opgeneem word hoe vinniger gaan die VF+ verlinks. Indien die VF+ dit wil voorkom sal hulle die exda slegs as gewone lede toelaat en hulle kans gee om te bewys dat hulle inderdaad tot die gevolgtrekking gekom het dat die Boere-Afrikaner se enigste kans op oorlewing Vryheid in ‘n Volkstaat is.
Boet, ek sal verbaas wees as die eerste 4 op die lys die parlement haal. Niekie vra gerus vir Flip vir ‘n uitsaai beurt by Radio Pretoria. Dan kan jy bietjie praat oor die Afrikanervolk sedert 1994 Sonder Grense en wat jul Plan eintlik was.
Boet, ‘die moeilikheid’ is deelname aan die bose stelsel wat ons Boervolk onderploeg. Sit in dieselfde gebou en bid saam met die maanafgod-aanbidders en die voorvadergeeste-aanbidders en die ander afgode-aanbidders. Dít is ‘die moeilikheid. En dit is hoekom ons in die moeilikheid is. Hoe dink ons sien ons God van Abraham dit? Die deelname? Ons mag nie eers die heiden in ons huise inbring nie … Front Nasionaal is op dieselfde dwaalpad as VF+.
Boet, Jy is doodreg want ou skurwe Niekie was ‘n “Boerebasher” van formaat tydens sy RSG dae en wat sal hom nou maak verander. Daar is egter een voordeel en dit is dat hy nie nou dadelik kan saamspan met DA Heinrich Marnitz om die laaste krummels van Radio Pretoria te vernietig nie. Hy kan natuurlik nie die parlement haal nie en dan sal Soliforum hom seker aanwend by Radio Pretoria om die radio die finale doodskoot te gee. Verder kan jy nie veel linkser kry as ‘n Broederbonder/Afrikanerbonder nie so reg in die Mantashe groepering en wat gaan die linkses met die VF+ aanvang. seker ook die finale doodskoot gee.
Met hierdie fatale samesmeltings het Dr Pieter Mulder nou dieselfde nekslag aan die VF+ toegedien as wat Helen Zille onlangs met die DA gedoen het. Alles net politieke speletjies om hul veilige salarisse/voordele in die parlement te kan behou. Ek wou nog VF+ stem, maar met Van der Berg nou as een van hul voorste lede kan hulle vergeet. Ek stem liewers vir Bantu Holomisa.
Kan julle dit sien?
So die liberalistiese da gooi hulle deure oop vir die swartes. Die swartes neem oor met hulle groter getalle en dryf die party in die selfde rigting as die anc en word getransformeer. Die wit verraaiers, nadat hulle hul mandaat by die da volstrek het, beweeg dan nou in die vf- in.
Die vf-,onder die invloed van die liberaliste, gooi hulle deure oop vir die Swartes… Die swartes gaan met hulle groter getalle die vf- dryf in die selfde rigting as die anc en sal getransformeer word. Waar los hierdie situasie die arme getroue wit vf- kiesers? Na 5 jaar sal hulle ook n nuwe politieke tuiste moet kry want by dan het die swartes ook die vf- se selfbeskikking getransformeer.
Die hele tyd wat dit aangaan, moor die anc ons mense uit, in ons derduisende en ontneem ons van die basies dinge wat ons nodig het om te oorleef. Dit is so ingestel dat ons nie ons bevolking kan laat groei nie. Die uiteindelike prentjie…? Die totale uitwissing van die wit man in afrika, net soos in elke ander afrika land.
Ander mense kan dalk met hierdie situasie tevrede wees maar nie ek nie! Besef dat ons gewikkel is in n stryd vir oorlewing. Word wakker! Moet nie n blerrie skaap wees wat van een kamp na die ander gejaag word nie – ontsnap hierdie bose kringloop. Word aktief betrokke in ons Volk se toekoms – stem Front Nasionaal!!!!
@ Transvaal Burger
Nou toe, gaan maak jou oorlog dat ons sien hoe dit ons Volk vry maak…
Ek dink die Vf + behoort die rooi ligte te sien flikker veral nou dat die werklose vrot appeles van die DA in die kis van die Vf + val. Hierdie gaan beslis n vrot geur na links wees. Daar is geen manier wat ons ons langer by hierdie saamgeklitste groep kan assosieer( soos Dr Treurnicht dit destyds in die parlement gestel het met een mens een stem nie.Ek en U wat onhuts is oor hierdie bord lensiesop se stem is totaal verydel. Ingeskrewe lid Fv+
Ek gaan nie my oorlog maak nie. Wat kom, gaan spontaan gebeur. Die windblasery maak julle moeg voor die spontane aksie kom.
Jos, moet ‘liewer’s nie deelneem nie.
Jos, wag tot Bantu Holomisa aan bewind kom, dan sal jy bid dat jy nie ‘liewers’ vir hom gestem het nie.
Ceward Thornhill, ‘drop’ die deelname. Jy sal nie spyt wees nie.
Ek kan nou nie anderste nie – puik antwoord…
Ons word darem nie te gou moeg nie – n ou moet uithou vermoë ook hê
Verw: “Verder kan jy nie veel linkser kry as ‘n Broederbonder/Afrikanerbonder nie, so reg in die Mantashe groepering, en wat gaan die linkses met die VF+ aanvang? Seker ook die finale doodskoot gee.”
Goeiedag Paul,
Nogal interresant dat jy praat van die Afrikaner Broederbonders in die “Mantashe groepering”. Dit belig nogal die feit van hoe diep die Party-politieke prostitusie in die NSA se politieke bestel is. Die “Mantashe groepering” het nou onlangs aan die DA ‘n redelike goeie kopskoot toegedien met die Zille/Rampele soen, al was dit nog nie die finale doodskoot nie, was dit ‘n goeie een.
Die ou Broeders wat nou hul Afrikaner Nasionalisme in die VF+/- wil gaan voortsit, gaan dalk daardie finale doodskoot verseker. Die arme verwarde kiesers wat steeds dink dat party-politiek hul behoud kan wees, gaan maar op hul neuse kyk as daar op die ou end slegs een of twee swart partye oor is om van te kies.
Boeregroete,
DuP
Verw: “Nog vier ander Zille-party lede verskyn nou op die kandidatelys van die VF Plus.”
Goeiedag Boere,
As dit nou nie “gewettigde prostitusie” is nie, is my naam hond.
Boeregroete,
DuP
Want om op jou hande te sit is mos baie produktief…? Kyk hoe baie het julle al daarmee vermag!
Want jy is nog nie spyt nie nè? Nie tot dat jy ook aangeval word nie en dan eers agterkom hoe alleen jy eintlik is in hierdie land. Hier op die Vryburger gaan hulle nie eers kommentaar lewer as jy met n stryk yster gemartel word nie. Kruip mos agter hulle Bybels hier weg en vertel vir ander hoe goed en Christelik hulle mos nou eintlik is. Handjies gevou en wag vir n wonderwerk… Pateties!!!
Keelvol
Ek sien dat diegene wat nie aan die een man een stem verkiesings deelneem nie blykbaar op hul hande sit en wag vir ‘n wonderwerk.
Eerstens: Die implikasie van die huidige party politieke stelsel is dat wie ookal meer is regeer, en wie meer is, is ongeletterde kommunisties-gesindes. Ek sien nie hoe dit ‘n goeie stelsel is waar belastingbetalers of welsynontvangers, geletterd of ongeletterdes, gevonnisde moordenaars of wetsgehoorsames se stemme almal ewe veel gewig dra nie!
Ek sal dus graag wil hoor hoeveel die stemmers al gedoen het vir die Boere-Afrikaner in die laaste 20 jaar. Selfs met Pieter in die kabinet is hy strategies geplaas onder ‘n Zuma gesinde geldmorser as sy baas! Ek neem aan om een keer in vier jaar een dag in ‘n tou te gaan staan gee jou die reg om te beweer dat jy ‘n verskil maak met die 3% wat jou party kry, terwyl die nie stemmers niks doen nie?
Tweedens: Die nie-stemmers sit nie op hulhande nie, hulle is aktief besig om ‘n volksekonomie op te bou, volkseie finansiele instellings, privaat volkseie besighede, sakekamers, neiwerheids-ontwikkelingsinisiatiewe, ‘n volksverkiesings kommissie wat al ‘n suksesvolle volksverkiesing gehou het en raai wat nog, volkseie kommunikasiemiddele soos volkseie e-koerante waarop lesers met mekaar debat kan voer oor hoe ons selfbeskikking kan kry.
Ek stem nie, maar my hande is ver van my boude af, waar is joune die 364dae van die jaar wat jy nie in ‘n tou staan nie?
Het gister hierop kommentaar gelaat. Sien dis verwyder. Julle kla oor die ANC en linkses, maar deur net hier te plaas wat julle wil hoor jul ook maar soos die 3 apies en niks beter as die ANC nie. Terloops, julle is kwansuis so konserwatief en Afrikaans, maar waarom is die helfte van die taalgebruik op jul webwerf Engels, soos “Reply”, “Leave a Reply”, “Your email address will not be published” en “Post Comment”? Julle is pateties en common.
Verw: “Julle is pateties en common.”
Goeiedag Daleen,
In die huis waarin ek groot geword het, was ek geleer dat by enige ontmoeting of bekendstelling, eerste indrukke altyd bywend van aard is.
Ek lei af dat jy jou vervies het vir die feit dat jou vorige kommentaar dalk verwyder was, maar ek dink dat die eerste indrukke wat jou eie bekendstelling by die meeste lesers van ‘Die Vryburger’ geskep het, nie baie vleiend is vir iemand wat ‘n trotse Boerevan soos Pretorius dra nie. Om elke leser wie jy van geen kant af ken, te soengroet met jou laaste sinsnede, vertel moontlik meer van jou eie karakter as wat jy graag sou wou uitlap, behalwe as jy dit wil regstel.
Dus, as jou uitlatings in die hitte van die oomblik gepos was en nie beledigend bedoel was nie, en jy dit graag sou wou terugtrek, vra dan maar net om verskoning, en ek glo die meeste lesers sal verstaan.
Ellke leser hier is geregtig op sy/haar eie opinie.
Boeregroete,
DuP
Ai Daleen, ek wou jou sienings respekteer, maar met so ‘n afbrekende houding kan ek nie. Die Engels op WordPress die sagteware van die e-koerant, is seker om dat slimmes soos jy nie jul dienste gratis aanbied vir die vrywilliges wat hier berigte plaas nie.
@Daleen
Ek dink nie dat ‘n mens kommentaarleweraars en Die Vryburger oor een boeg kan gooi nie. Die redaksie van Die Vryburger is nie verantwoordelik vir die kommentare nie.
Ek aanvaar dat die bedryfstelsel op u rekenaar “Windows” is. Bedryf dit in Afrikaans? Bedryf u kantoorpakket en andere in Afrikaans? Meeste pakkette soos die wat deur Die Vryburger gebruik word, is in Engels en ‘n aantal ander tale beskikbaar maar nie in Afrikaans nie. Om sodanige programmatuur in Afrikaans te vertaal is ‘n uiters omvattende taak en nie altyd t.o.v. alle segmente moontlik nie.
Ek is nie seker wie die “julle” is waarna verwys word nie maar miskien is dit omdat ons “common” is dat ons so baie “common sense” het.
Keelvol. Jou verwysing na christene wat ‘agter hul Bybels wegkruip en met handjies gevou sit en wag vir ‘n wonderwerk’ is in uiters swak smaak! Watse verskil maak jy almaskie? Jy blaas die hele tyd warm wind en sê mense sleg. Sies man! Gaan stem as jy wil stem, maar probeer onthou waar jy vandaan kom. Bloedrivier! Die plek van verootmoediging en gelofte. Die plek van die wonderwerk. Minag jy die wat al lesse geleer het wat jy nog moet leer? Jy ken nie jou plek nie, Seun.
‘Common?’
Sheugnet, ek het nou lekker gelag.
Ek dink keelvol is die jeugliga vir Front Nasionaal.
Sy geliefde Dr Dan is sy mentor en held.
Hierdie anonieme karakter baie onheilspellend.
Ek sou graag wou weet wat is sy naam.
Nog n liberalis uit die Front Nasionaal kamp.
Mevrou Daleen. Die Vryburger maak gebruik van n diens verskaffer wat n vaste patroon het. As jy n “non-common of n uncommon” web tuiste wil besoek, news 24 se mense vloek en raas nes julle Fronties.
Goeie Dag.
Edmund, die keelvol moontlik opgeswelde mangels, is dalk tekenend van front nasionaal.
DuP du Plessis
As dit van die dubbelagent k-e-e-l-v-o-l afgehang het was jou naam Bond.
Edmund, waar het jy nou weer daardie oulike ding geskrywe van … stem vir Daantjie Roodt die Jood? (Dis nou soos ‘Polokwaneee… ek soek hom maar ek weetie wa nieeeee) Ek wil net graag iets daar by voeg.
“Fro(n)t Nasionale Lotery – Jou kans tot selfbeskikking! (Odds = 1 @ 52 000 000)
Ek sal nie se ek praat vir die Vryburger nie maar die Vryburger praat vir my.
As die Vryburger se beriggewing te “common” is vir jou sienwyse dan is ek jammer.
Kan jy vir my n koerant voorstel wat nie deur Naspers beheer is nie, wat die volksaak goedsgesind is? Ek sal ek hom lees.
As jy verwys na “freedom of speech” deur die drie apies te noem dan wil ek vir jou se dat vryheid van spraak al talle volke vernietig het. Bv, ponografie, homoseksualisme. Liberalisme is lief vir vryheid sodat hulle almal kan verwar. Ek glo dat as die vryburger ons komentare verwyder is sodat die gepeupel nie almal verwar nie. Ek verwelkom censuur soos wat die Apartheid regering van ouds films geban het wat God se naam laster.
Jammer aan almal wat ek verkeerd opvryf. Ek is seker dat ons in die regte wereld baie goed oor die weg sou kom. Keelvol in kluis.
Edmund Ivor Jones
Goeiedag Transvaal Burger,
Ja man, ek het so gehoop ek kon vir ‘dubbelagent’ Maandag daar by Pretoria Sentraal raakloop. Daar was ‘n oulike jongman, (ek dink een van die Party-leiers se seun) wat net so geesdriftig soos Keelvol die FN se saak probeer stel het, maar duidelik was hy in sy lewe ook meer Party-politiek gevoer as Volks-politiek. Gelukkig is daar vir hom nog kans om groot te word.
Boeregroete,
DuP
En niemand leer uit die geskiedenis nie! Hoe kortsigtig.
Vir julle met die kort geheues, Mulder, Mulder en Mulder sien vir baie meer kans as Niekie van den Berg:
Pieter du Toit
Kaapstad
Dr. Pieter Mulder wou die VF+ voor die verkiesing in 2009 saam met die ANC in ’n alliansie laat gaan, maar was bevrees as dit voor stemdag sou gebeur die party steun aan die DA sal afstaan.
Dít is een van die opspraakwekkende onthullings vervat in ’n Amerikaanse diplomatieke nota wat WikiLeaks Woensdag bekend gemaak het.
Die nota, gedateer 3 April 2009 en deur die ambassade in Pretoria aan me. Hillary Clinton, minister van buitelandse sake, gerig, ontleed pres. Jacob Zuma se vryery na Afrikaners voor die verkiesing.
Dit gee besonderhede oor die talle gespreksgeleenthede tussen Zuma en verteenwoordigers uit Afrikaner-geledere, asook oor mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, se besoek aan Orania.
Volgens Amerikaanse waarnemers was die manier waarop Zuma Mulder en die VF+, en Afrikaners in die algemeen, die hof maak “’n briljante taktiek”.
Indien die ANC nie ’n tweederde-meerderheid gekry het nie, sou hy skynbaar op die VF+ kon staatmaak om dié plafon te haal.
’n Politieke amptenaar van die ambassade gee besonderhede oor ’n gesprek met prof. Dirk Kotzé van Unisa (“hy is besonder na aan Mulder”) waarin Kotzé verduidelik die ANC wil ’n alliansie met die VF+ sluit. “Hy sê Mulder ‘sal dadelik by só ’n koalisie aansluit as hy dink hy kan daarmee wegkom’. Hy is bekommerd dat hy stemme aan die DA sal afstaan as hy dit dadelik doen.”
Hoewel die VF+ na afloop van die verkiesing nie ’n alliansie met die ANC gesluit het nie, het Mulder ’n aanbod van Zuma aanvaar om as adjunkminister te dien.
Mnr. Cornelius Janse van Rensburg, toe die VF+ se geskorste jeugleier (hy het sedertdien bedank), het volgens ’n nota op 2 Junie 2009 aan Amerikaanse amptenare gesê daar was – in teenstelling met wat Mulder aanvoer – geen gesprekvoering oor sy besluit om Zuma se aanbod te aanvaar nie.
“Hy sê die besluit is geneem om vir Mulder ’n pensioen te gee, nie omdat dit goed vir die party sal wees nie,” lui die nota.
Mulder het ontken dat hy ’n alliansie met die ANC oorweeg het en sê dit is ’n “blatante leuen”.
“So ’n alliansie sal geen voordele vir die VF+ inhou nie. Dit sal politieke selfmoord wees.”
Kotzé ontken hy het ontledings aan die Amerikaners verskaf of dat daar ’n amptelike gesprek was.
– Die Burger
‘n Geheulery in ‘n sak vol satans-slange.
Goeiedag Boere,
Hierdie is mos niks snaaks nie, party-politiek en prostitusie het alby presies dieselfde uitkoms.
Boeregroete,
DuP
“n Sekere groep “Afrikaners” hier op Vryburger behoort weer aan ‘n soort Afrikaner “Klub” wat ek nie mooi kan identifiseer nie.
Keelvol wat uit en uit veg vir Afrikaner Selfbsekikking word nou, sonder ‘n enkele bewys, as ‘n “Dubbelagent’ beskryf.
Slegs die feit dat hy aan ‘n verkiesing wil deelneem, ontneem hom van alle Christelikke beginsels, en ware Afrikanerskap. En soos ek uit kommentare hier aflei, alle ander Afrikaners wat aan Afrikaner Selfbeskikking werk, en daarvoor gaan stem,is volgens die lede van hierdie “klub” gedoem tot in ewigheid.
Dan wonder ek nie meer waar die “Saamstaan” teorie van “Nie-saamstaan” vandaan kom nie.
Ek, Keelvol, en duisende Afrikaners gaan vir Afrikaner Selfbeskikking stem.
Ek kan ook nie anders as om te wonder waar hierdie “Klub lede” gaan verkies om te woon, indien selfbeskikking wel verkry gaan word nie. Gaan dit in hierdie “onchristelik” verkrygde Volkstaat wees, of gaan hulle verkies om die “Hel” te bly, waar hulle die Christelikke weg van nie-deelname gevolg het????
Sieklik om die allerminste te sê.
Wonderlik hoe baie jy van die On-christelikke Partye en hulle leiers weet.
Presies wat hulle doen, en waar hulle gevaal het.
Wat ek nie hoor nie, is presies wat gaan VVK doen. Ek weet van ‘n paar briewe wat, met groot gesukkel, aan een of ander Zuma Courier oorhandig is.
‘n Brief waaroor hulle seker nou nog sit en lag. ‘n Brief wat GEEN reaksie behalwe ‘n erkenning van ontvangs tot gevolg gehad het nie.
Daar word vir Front Nasionaal gesê dat Zuma en die Internasionale howe en magte Front Nasionaal gaan uitlag.
Watter wonderlikke resep het VVK dat dit hulle nie ook gaan oorkom nie. Inderdaad sit VVK reeds met sulke ondervinding.
O-ja, dinge gaan mos vanself in chaos verander hier in Suid Afrika, en die Boere gaan eevoudig dan hulle weg oopskiet in die nuwe Afrikaner Kanaan in.
En die hele Wêreld klap hande soos die Boere daar ingemarsjeer kom.
Of mis ek iets groters???
Dan Roodt het tot dusvêr meer vir Afrikaner Selfbeskikking gedoen as wat ek aan enige kommentator hier krediet voor kan gee.
Dan word daar mos so lekker verskonings gemaak dat ons Afrikaners nie kan “Saamstaan” nie.
En hier kom loop ek toe wragtig die bewys daarvan raak op Die Vryburger.
Hulle wag vir een of ander “Teken” van êrens af Keelvol, voordat hulle die roere gaan laat bulder.
Ek sal graag wil weet waar hulle genoeg perde en kruit vandaan gaan kry, en amper vergeet ek die lood.
Ek wil nog steeds weet wat jou “Pad” is wat jy loop.
Blykbaar nie ‘n Dwaalpad nie, maar nugter weet wat dit is. Sovêr my kennis strek het VVK ‘n brief aan die Hoër Priester gestuur. Nee ek lieg, julle het dit persoonlik aan ‘n Satans Priester gaan aflewer, om vir die Induna te gaan gee, want hy wou nie met Kabouters speel nie.
Behalwe vir ontvangs erkening, het hy al reageer op daardie Selfbeskikkings eis????
Nou waar lê die groot verskil nou eintlik????
Verw: “Keelvol wat uit en uit veg vir Afrikaner Selfbsekikking word nou, sonder ‘n enkele bewys, as ‘n “Dubbelagent’ beskryf.”
Goeiedag Arnold,
Ek kan jou verseker dat die “Dubbelagent” spottery tussen my en Transvaal Burger, heel gemoedelik is en ek glo dat Keelvol geen probleem daarmee behoort te hê nie, aangesien hy weet dat dit in dieselfde gees aangewend word as sy “ontmaskering” van myself as ‘n ‘NI-agent’ sowat ‘n week gelede. Dit is wel opmerklik dat jy hom nie op daardie stadium aan een of ander soort Afrikaner “Klub” verbind het nie.
Ek is ook glad nie onder die indruk dat enigiets wat ek hier op ‘Die Vryburger’ kwytraak, vir jou, Keelvol, of die duisende Afrikaners wat glo dat julle vir “Afrikaner Selfbeskikking” gaan stem, julle van julle oortuigings sal laat afsien nie. Inteendeel, ek verbaas my vir julle gedetermineerdheid, en respekteer julle geesdrif en deursettingsvermoë.
Soos wat ek hierbo in my vorige kommentaar genoem het, glo ek dat daar nog duisende Afrikaners is wat, net soos ekself ook maar, in ‘n huis groot geword het waar hulle meer Party-politiek gevoer was, as Volks-politiek. Ek hoop maar net dat elkeen van hulle mettertyd iets sal onthou van die bietjie Volks-politiek wat hulle dalk hier raakgelees het, sodra hulle uiteindelik tot die besef kom van die doodloopstraat waarin Party-politiek hulle gelei het.
Boeregroete en sterkte met julle stem-poging.
DuP
Verw: “voordat hulle die roere gaan laat bulder. Ek sal graag wil weet waar hulle genoeg perde en kruit vandaan gaan kry, en amper vergeet ek die lood.”
Goeiedag Arnold,
Ek aanvaar bg. sinisme ook as ‘n goedige gespot van jou kant af. Ek hoop maar net dat dit nie bedoel word as minagting teenoor die Boerevolk se geskiedenis nie.
Boeregroete,
DuP
“Een van die groot politieke leuens.
Dat die Boerevolk nie kan saamstaan. Bog. Dit is Boer en Afrikaner wie nie kan nie.” – Boere Separatiste
Jy mis wat ‘n profeet van God vir Die Boervolk gesien het.
Arnold de Beer
Ou keelvol het my al beskuldig dat ek soos Tuberkulose vir die ‘volk’ is. So wat nou? Moet ek hom beskuldig van sproei in die keel? Soos DuP du Plessis se opmerkings hierbo. Koel af.
Dalk weet ek meer omtrent Oom Siener as wat jy graag sou wou hê ek moet weet T.B.
Ek lees ook ander boeke. Veral die “Groot Boek”
Hoe anders weet ek wat om te doen?????
Is die weg wat ons Front Nasionale stemmers volg, nie juis daardie terugkeer na Volkswaardes Nie???
Front Nasionaal stel dit baie duidelik dat hulle met hierdie regering niks tedoene wil hê nie, en dat dit hulle missie is om weer die Afrikaner/Boer op sy oorspronklikke Christelikke weg wil plaas.
Eers het ons met die “Ja” stemmers temake gehad, wat die land verlore laat gaan het, en nou sit ons met die “Nie” stemmers wat presies die selfde resultaat gaan veroorsaak.
‘Two wrongs makes no right” seg die Souties.
Dink daaroor.
Sinisme????
Hoeveel duisende wapens is van ons weggeneem????
Ek sal selfs verder as dit gaan.
Hoeveel knopkierries en ketties het ons. Gelukkig is klippe darem volop. Ons behoort nie te sukkel met lood nie.
Ek is ook ‘n Boer, as jy dit nog nie gemerk het nie. Vir hulle tyd was hulle goed bewapen, en het met die beste wat beskikbaar was oorlog gemaak.
Wat het ons??? ( Dit is my punt !!!!)
Transvaal Burger jy verwar die Konserwatiewe Afrikaner/ Boere met die Liberale Afrikaner /Boere.
Daar is g’n ding soos ‘n Afrikaner aan die eenkant, en ‘n Boer aan die anderkant nie.
Ek is albei, wat dit ookal beteken.