Vrou sterf in watervloed

Mnr. Ben van Tonder het nog enkele woorde met sy vrou gepraat, toe is haar selfoon stil en dit was die laaste keer dat hy met haar kon praat.

Sy het vir hom gesê die water het haar motor van die pad gedruk by die De Kroon-spruit naby Brits in Wes-Transvaal.

Mev. Meisie van Tonder se motor is deur die water meegesleur toe sy oor ’n bruggie gery het naby Brits, en kort na haar ongeluk het nog ’n motor dieselfde fout gemaak om die stroom water te onderskat, maar hulle kon gered word.

Werkers het die motor sien verdwyn onder die water en mnr. Drika Kruger, ’n nabygeleë hoewe eienaar gaan roep, maar dit was reeds te laat want die motor was toe al onder die water.

Teen laatmiddag het polisieduikers opgegee, en sal die soektog later hervat word.

Talle mense is die afgelope week tydens die swaar reën neerslae, vasgekeer deur vloedwaters.

Die voorspellings dui daarop dat groot dele van die land nog reën kan verwag in die volgende aantal dae.

Foto – Mev Van Tonder