Vir die huisvrou – Vrugtepons

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

 

Ons deel hierdie week ‘n verfrissende vrugtepons-resep met ons lesers. Dis altyd ‘n wenner vir enige geleentheid.

 

Vrugtepons:

Bestanddele:

1 l Halls aanmaak koeldrank (stroop) – Enige geur

1 l Liqui Fruit – Enige geur

1 l Lemonade

1 l Soda water

4 l Water

1 440g blikkie Pynappel Crush

1 110g blikkie Granadilla pulp

Ys

Metode:

Meng alles saam.