Vermiste vliegtuig dalk ’n gekonkel?

Nadat die Maleisiese polisie foto’s geplaas het van die twee “onskuldige” mans wat met vervalste of gesteelde dokumente aan boord is van die Maleisiese vliegtuig, het ’n storm op die sosiale media losgebars omdat dit voorkom dat die foto’s gedokter is.

Die polisie van Maleisië ontken dit heftig, maar die foto’s vertel ’n eie verhaal.

Die polisie beweer dat die fout per abuis ingesluip het, maar waarnemers sê die polisie het waarskynlik die foto’s gedokter vir onbekende redes.

Die nuus dat die twee mans moontlik verbind kan word met Al-Kaida, het die gedokterde foto’s die vermoede versterk dat ’n kaping uitgevoer is.

Facebook en Twitter gebruikers het gesien dat die twee persone se onderlyf identies is, wat die vermoede versterk dat daar iewers ’n gekonkel plaasvind.

Die nuwe wending het daartoe gelei dat die swak optrede van die Maleisiese polisie selfs as verdag bestempel word.

Die twee mans is intussen geïdentifiseer deur Interpol. Hulle is Seyed Mohammed Reza Delavar, met ’n gesteelde Italiaanse paspoort, en Pouria Nourmohammadi, met  ʼn gesteelde Oostenrykse paspoort.