Vermeende terroris aangekeer

Die vermeende terroris wat mnr. Danie Schreuder (56) vermoor het op ’n plaas in die Askham distrik, is deur die Botswana polisie aangekeer.

Mnr. Schreuder en sy gesin het buite geslaap toe hulle oorval is en hy met die kolf van ’n geweer doodgeslaan is.

Sy seun Jason en ’n vriendin Marietha het die huis in gevlug tydens die aanval en die polisie geskakel.

Marietha het verskeie wonde opgedoen toe die aanvaller haar ook met die kolf wou slaan, maar Jason is ongedeerd

Die gesin het buite geslaap vanweë die erge hitte gedurende die nag.

Die polisie se woordvoerder, lt. Andrea Cloete, sê die man is in Botswana in hegtenis geneem en sal blykbaar later aan Suid-Afrika uitgelewer word.

Die roudiens word eerskomende Vrydag vanuit die APK-Gordonia gehou.