Vergiftigde Maltesie met vodka gered

‘n Jong Maltese hondjie in Melbourne, Australië het sy lewe te danke aan vodka. Charlie is vergiftig nadat hy ‘n dodelike koelmiddel van die motorhuis se vloer opgelek het. Die baie soet produk word in waterverkoelers en remvloeistof gebruik.

Maar danksy die slim en vinnige optrede van ‘n veearts by die Diere Ongeluk en Noodhospitaal, wat gesien het dat die hondjie etileen glikosiede vergiftiging het, is sy lewe letterlik binne ure van sy dood gered. Indien dit nie behandel word nie, veroorsaak die gif nierversaking en die dood binne ‘n ‘n dag.

Die oplossing was om die hond oor ‘n periode van 48 uur dronk te maak deur hom deurlopende dosisse van vodka toe te dien.

As deel van die behandeling is hy ook 700 ml vodka binne-aars deur ‘n buis in sy neus direk in die maag, toegedien.

Die alkohol verander die chemiese reaksie wat die nierversaking en gevolglike dood stop.

Charlie se eienaar, Jacinta Roseware sê sy was verras deur die goeie resultaat wat die prosedure op haar hondjie gehad het.

Volgens haar was hy definitief dronk gewees. Hy het rondgestrompel, was naar en wou net slaap. Duidelik het hy ‘n regte dronkroes-hoofpyn gehad.

Maar die belangrikste is dat die vodkabehandeling hom na twee dae gesond en lewendig gehad het.