Vaalrivier oorstroom dalk sy walle

Transvaal beleef sy natste Maartmaand in vyftien jaar.

Die Vaaldam is tans 106% vol en sewe sluise is oop wat soveel water uitlaat dat gebiede aan die onderkant van die dam gevaar loop om oorstroom te word as die watervlak sodanig styg dat dit die rivierwalle sou oorstroom.

Na wat berig word kan die walle oorstroom indien die agste sluis ook oopgemaak moet word.

Noodagentskappe is versoek om inwoners teen moontlike vloede te waarsku en motoriste is vermaan om laagliggende brûe met uiterste versigtigheid te benader.

’n Oos-Transvaalse woordvoerder sê dat dié provinsie reeds van ses verdrinkings bewus is vanweë die vol riviere en spruite en talle mense is gered van verdrinking.