Tweede vliegtuig beskadig deur voëls

’n Vliegtuig van SA Express het soos die Boeing van Cathay, die tweede een geword wat op een dag deur voëls beskadig is toe hulle in die een motor-kompartement gevlieg het.

Dit het die vlieënier genoop om die vliegtuig se opstyging te keer voordat hy die grond verlaat.

Die vliegtuig, ’n De Havilland Dash 9-400 was onderweg na Kimberley toe passasiers ’n aantal harde knalle gehoor het.

Rook het agter die vliegtuig se een motor uitgekom net voor die tuig sou opstyg en moes die passasiers die vliegtuig verlaat waar dit op die aanloopbaan gestaan het omdat dit nie verder kon beweeg nie.

Die skade aan die Dash-vliegtuig is waarskynlik veel groter as die van die Boeing aangesien laasgenoemde by elk van die vier motore toegerus is met titaan-lemme wat voëls opkerf voor dit by die rotor kom. Groot voëls bly egter ’n probleem as hulle ingesuig word.

Die Dash het slegs twee motore teenoor die vier van ’n Boeing

Passasiers op die Dash is oorgeplaas na ’n ander tuig, maar die vlug was met sowat drie uur vertraag.