Tien bedrieërs toegesluit

Uit Bloemfontein word berig dat tien voormalige munisipale amptenare nou agter tralies sit na ’n bedrieëry met sowat R16,5 miljoen.

Givency Hoffman, die voormalige assistent van Mojalefa Matlole, wat as stadsbestuurder gewerk het in Bloemfontein, is verlede week die heel laaste een van die tien bedrieërs wat die grendel van tronkdeure gehoor het

Sy gaan sowat 7 of 8 jaar van die 12 jaar vonnis moet uitdien.

Die tien moet vonnisse uitdien wat wissel tussen 7 en 12 jaar nadat hul aansoeke om verlof om te appelleer deur die Grondwethof van die hand gewys is.

Almal was op borgtog vrygelaat hangende die finale uitkoms.

Die vroue is glo almal verskuif na die tronk in Kimberley en die mans sal hul tyd uitdien in die Grootvlei tronk.

Die voormalige hoofbestuurder van meganiese dienste van die munisipaliteit, ene Lehlohonolo Percival Nakedi, sal glo Woensdag in die Bloemfontein streekhof aansoek doen om verlof om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer.

Hy is in die Bloemfonteinse streekhof tot 10 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.

Hy is op borgtog van R50,000 uitgelaat na hy skuldig bevind is aan bedrog, geldwassery en korrupsie.

Nakedi het ook omkoopgeld geneem van sowat R230,000.