Terroriste vermoor gesin

Die dood van ’n gesin in Natal is in die afgelope dae skerp veroordeel deur verskeie volksgerigte organisasies.

Mnr. Eckhardt Schutte (77), sy vrou Elizabeth (66) en sy seun Lutz (33) is in die terroriste aanval om die lewe gebring.

Hulle ander seun, Stefan het later opgedaag, nadat die slagting plaasgevind het.

Dit blyk dat mev. Schutte haar seun Lutz, wat van Duitsland gekom het om sy pa te verras met sy verjaarsdag, gaan oppik het by die lughawe.

Met hulle terugkeer na die plaas het die terroriste hulle ingewag, en blykbaar was mnr. Schutte toe reeds om die lewe gebring.

Die drie slagoffers was erg gewond met veelvuldige messteke en talle brandwonde is waargeneem op die liggame.

’n Woordvoerder van die Verkenners sê dit het tyd geword dat beter polisiëring toegepas word en dat die kommando-stelsel terug gebring word om veiligheid op plase te verseker.

’n Bestuurslid van Projek 2010 het aan Die Vryburger gesê dit is duidelik dat ’n sterk kontingent terroriste in die land rondbeweeg sonder dat hulle deur die veiligheidsmagte teengestaan word.

Die voorsitter van Oranje Sake Instituut meen die erge moorde, gepaardgaande met ’n barbaarse wreedheid dui op die standaard van die land se veiligheidsmaatreëls en wys ’n vinger na die owerhede wat ’n plig het om die land se inwoners te beskerm teen terrorisme.