Terroriste vermoor Cullinan boer

Die polisiestasie in die Cullinan gebied ry nie meer patrollie nie, want hulle is moeg daarvoor, en alhoewel hulle veronderstel is om te alle tye vier voertuie beskikbaar te hou by hulle kantore, is daar merendeels geen voertuig beskikbaar nie,

Asof dit nie genoeg is nie, beskik slegs vyf van die polisiebeamptes ’n bestuurslisensie.

Dit verklaar tot ’n hoë mate waarom terroriste mnr. Das Venter so maklik kon oorrompel en vermoor op sy plaas Welbedacht in die Cullinan gebied.

Mnr. Venter is vroegoggend by sy huis in Welgedacht doodgeskiet.

Toe mnr. Andre van Heerden op die toneel kom, het mev. Venter met vasgebinde hande uit die huis gestrompel en kon hy haar losmaak.

Die boere van die Cullinan gebied oorweeg dit nou om self die polisie se werk oor te neem aangesien hulle te moeg is om patrollie te ry.