Terroriste martel Ouma en kleinkind.

‘n Ouma en haar sesjarige kleindogter ontvang sielkundige berading nadat terroriste hulle in hul woonstel in Louis Trichardt aangerand en gemartel het.

Petro Weyers (66) is so hard op haar oë geslaan dat sy nie behoorlik kan sien nie. Sy het huilend vertel dat dit emosioneel baie sleg met hulle gaan. 

Weyers en haar kleindogter, Chaney, is vroeg in verlede maand in hul woonstel in die Kismet-kompleks in Andersonstraat oorval.

’n Onbekende aantal terroriste het deur ’n klein venstertjie met diefwering ingekom.

Die plaaslike koerant het geskryf dat Weyers wakker geword het van ’n man wat bo-op haar sit en haar gewurg het. Nog ’n aanvaller het bo-op Chaney gesit.

Die mans het haar in die gesig geklap, haar opgetel en op die vloer gegooi.

Weyers is met ’n mes teen haar keel aangehou. Haar hande en bene is vasgebind en sy is gewurg. Chané is keer op keer gewurg totdat sy haar bewussyn verloor het, net om herhaal te word as sy bygekom het.

Sy is ook met die vuis in die gesig geslaan. Die mans het wapens gesoek. Hoe meer sy gesê het sy het nie wapens nie, hoe meer het hulle haar geslaan.

Die marteling het sowat twee ure aangehou. Die terroriste is weg met haar horlosie en juwele asook R1 200 kontant. Haar selfoon is ook gesteel.