Terroris slaan boer met geweerkolf

In die Noord-Kaap is ’n boer, mnr. Danie Schreuder (56), deur sy aanvaller met die kolf van ’n geweer doodgeslaan terwyl hy geslaap het.

Die boer het buite die huis geslaap omdat dit baie warm was, en is deur sy aanvaller met die kolf van ’n gesteelde windbuks geweer doodgeslaan.

Danie is blykbaar verlede Vrydagnag herhaaldelik met die kolf van ’n geweer oor die kop geslaan

Hy het as plaasbestuurder vir mnr. Fritz Oosthuizen op die plaas Miershooppan, in die Askham distrik geboer.

Schreuder se ouers, Alfred (82) en Susie (80) woon in ’n aftreeoord in Kuruman.

Begrafnisreëlings kan eers later getref word ná afloop van die lykskouing.

Niemand is al in hegtenis geneem nie