Tenkskip ontsnap oorlogskepe

’n Tenkskip met sowat 235,000 vate olie aan boord het daarin geslaag om tydens ’n swaar mistigheid uit die hawe te ontsnap terwyl oorlogskepe gewaak het om dit te verhoed.

 Die Noord-Koreaanse tenkskip is glo by ’n terminaal in die ooste van Libië deur rebellemagte vol olie gelaai en het die bewakers ontglip toe ’n swaar mistigheid oor die see gedaal het.

The Morning Glory, is na bewering die eerste tenkskip waarin olie op so ’n manier gelaai is sedert opstande teen Tripoli se owerheid uitgebreek het.

Die regering het selfs gedreig met lugaanvalle op die tenkskip wat blykbaar sonder die Libiese Olie-korporasie se toestemming die gebied te verlaat.

Die swak weersomstandighede het verhoed dat die vloot se skepe die groot skip kon volg.

Die Minister van Kultuursake, Amin al-Habib, het gewaarsku dat die olie draende skip stukkend geskiet sou word indien dit sou waag om die hawe te verlaat.

Internasionale deskundiges meen dat die moontlike geweld waarmee Libië dreig, hulle weer in ’n volskaalse oorlog kan dompel.

Foto – The Morning Glory