Tannie sweef toe heerlik

Die entoesiasme waarmee Anna Pretorius van Hartswater op 75 jaar haar droom bewaarheid gekry het, is vir menige ’n bron van inspirasie.

Vir haar verjaarsdag het sy die geleentheid gekry om ’n valskermsprong te geniet by die Skydive naby Parys.

Sy het al sedert haar 70 ste verjaardag begin geldjies spaar om eendag die voorreg te geniet om te voel hoe dit is om uit ’n vliegtuig, “te vlieg soos ’n voël”.

Ma Anna en haar dogter, Anna-Marie het toe saam in ’n tandem-sprong deur die lug gesweef.

Haar kleinkinders was hoog in hulle skik met hul ma, en veral met hulle ouma se dapper daad en waaghalsigheid.

“Ek kon nie wag om te spring nie, dit was wonderlik.”

Ouma Anna se een seun het egter geweier om te gaan kyk hoe sy ma uit die vliegtuig “val”.

Sy wil nog saam met olifante swem en haaie gaan bekyk in ’n haai-tenk.