Swede onttrek Uganda-hulp

Die optrede van die Ugandese regering om standpunt in te neem teen homoseksualiteit in sy land het daartoe gelei dat die Sweedse regering sy finansiële steun aan dié land onttrek het.

Swede se Minister van Internasionale Sake, Hillevi Engström, sê sy regering is gekant teen die wetgewing in Uganda wat die sogenaamde regte van homoseksuele mense beperk.

“Sweedse hulp aan ander lande en regerings is nie noodwendig ’n gegewe en onvoorwaardelik nie, en dit word in hierdie geval onttrek,” het hy gesê.

Die onttrekking sal egter nie ’n noemenswaardige impak hê nie, aangesien Swede steeds sal voortgaan om subsidies te betaal an gemeenskap strukture in Uganda.

Swede se aankondiging volg nadat Noorweë, Denemarke, en Nederland hul finansiële steun onttrek het.

Die Minister van Buitelandse Sake van die VSA, minister Kerry het vroeër gesê die beperkings wat op homoseksueles geplaas word, is gelykstaande aan apartheid en Hitler se Nazi beleid.

Die Ugandese regering kon egter geen rede gevind waarom homoseksuele bedrywighede bevorder moet word in Uganda nie. Daar is nie ’n verbod geplaas dat homoseksueles nie mag woon en bestaan in die land nie, maar daar is ’n verbod dat hulle dit nie mag bevorder nie.

Foto – Hillevi Engström