Staat sal die geld vind

Gugile Nkwinti, die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, meen die staat sal wel die miljarde Rand vind om die grondeise af te handel.

gesê.

Die uitlating is gemaak deur die Minister na aanleiding van die hewige verset wat die ANC van ander partye moes verduur met die Wysigingswetsontwerp wat aanvaar is om die grondeise met nog ’n verder vyfjaar termyn te verleng.

Na verwagting sal die nuwe tendens daartoe lei dat ’n vêrdere 380,000 nuwe grondeise ingedien word, wat tot R180 miljard kan beloop, die staat slegs R3 miljard vir vanjaar toegeken het.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het aan Die Vryburger gesê dit is ’n kommerwekkende situasie wat noodwendig die vermoede laat ontstaan dat gedwonge “onteiening teen ’n belaglike lae koopprys” die eindresultaat van grondgryp kan uitmaak.

Hy sê die Minister van Finansies het nie eers ’n volle R9 miljard in sy begroting toegeken vir grondeise vir die volgende drie jaar nie, en verstaan dus nie waar die ander geld vandaan gehaal gaan word nie.

Te midde van die situasie, sê minister Gugile Nkwinti dat die staat wel die geld sal vind om die eise af te handel.

Die R9 miljard is baie vêr van die sowat R180 miljard wat benodig gaan word, het die woordvoerder gesê.

Foto – Gugile Nkwinti,