Speurder skuldig met kitsbank-rooftog

Moditle Motepe (37), ’n speurder van die speurtak in Virginia, is na ’n pleitooreenkoms aangegaan is, vir 12 jaar tronk toe gestuur weens sy betrokkenheid by die opblaas van kitsbanke.

Motepe en sy makkers het glo met die rooftog, sowat R210,000 buit gemaak.

Hy is maklik vasgetrek nadat hy by herhaling probeer het om sy makker, ene Motloutsi, te probeer skakel op sy selfoon, onwetend dat die makker reeds deur die polisie aangekeer is.

’n Derde makker, wat betrokke was by die rooftog, het later besluit om self ’n einde aan alles te bring, en homself geskiet.

Na bewering het hulle twee kitsbanke opgeblaas en die vermoede bestaan dat die voertuig waarmee hulle gevlug het, ’n grys BMW, ook ’n gesteelde motor is.

Motepe is na afloop van ’n departementele verhoor, ontslaan uit die polisiediens.