Spanning verhoog tussen Oos en Wes

Uit Kiëf, hoofstad van die Oekraïne word berig dat die Krim-skiereiland se parlement net tot vandag tyd het om sy beoogde referendum te kanselleer, anders word die Krim-parlement deur die parlement van die Oekraïne ontbind.

Die Krim-parlement het glo verklaar dat die streek hulleself tot onafhanklike staat sal verklaar indien die inwoners sodanig sou stem op 16 Maart.

Die Krim-parlement het vroeër met 78 stemme teen 3 besluit ten gunste van afskeiding van die Oekraïne.

Intussen het Wiktor Janoekowitsj, die verkose, maar afgesette president van die Oekraïne, te kenne gegee dat hy gaan terugkeer omdat hy homself sien as die ware president van die gebied.

Talle groot moondhede in Europa, en die VSA, het Rusland gewaarsku dat sanksies ingestel gaan word indien die probleme in die Oekraïne nie vreedsaam opgelos word nie.

Foto – Wiktor Janoekowitsj