Slagting duur voort in Sirië

Uit Beiroet word berig dat meer as 3,300 mense reeds sedert Januarie vanjaar in gevegte omgekom het wat gevoer is tussen rebelle en Siriese regeringsmagte.

Die rebelle is in hewige gevegte met regeringsmagte betrokke in hul poging om die land se verkose president, Basjar al-Assad se heerskappy omvêr te gooi.

Menseregte-organisasies bereken dat sowat 925 lede van Isil, ’n sterk Al-Kaïda-splintergroep, omgekom het in die skermutselings.

Altesaam 1400 lede van ’n hele aantal kleiner rebellegroepe is ook dood in die gevegte.

Na raming is daar ’n vêrdere 750 rebelle dood waarvan die inligting uiters beperk is, en dit is duidelik dat sekere rebellegroepe verkies om nie hulle verliese bekend te maak nie.

Bykans 300 burgerlikes het ook in die tyd omgekom in gevegte.

Die gevegte het ontstaan toe ’n magstryd ontwikkel het oor sekere grondgebiede, en die regering se onwilligheid om toe te gee aan rebelle se eise, het die opstande laat toeneem.

Die rebellegroepe wat uit Westerse lande gerugsteun word, het op verskeie plekke swaar verliese gely.

Die onluste en gevegte is volgens kenners vanjaar die hewigste van alle tye, en die moontlikheid bestaan dat dit nog sal toeneem.

Die gevegte duur reeds drie jaar in ’n poging om Assad se regering omvêr te werp,

en die uitgerekte stryd het opposisiepartye uitmekaar laat spat, wat die herstel in die land verder bemoeilik.

Foto – Basjar al-Assad