Slaggate word ontspanningsoord

Tussen Lydenburg en Machadodorp is die pad nou so onrybaar as gevolg van die slaggate, dat dit na die lieflike reëns tot ontspanningsoord geproklameer het.

Dit is die humoristiese opmerking van ’n inwoner van Lydenburg.

Die pad is deur ’n besoeker uit Brittanje as ’n heerlike “ontspanningsoord” ingelui toe sy in die yslike slaggat met baaiklere en ’n glasie wyn gaan sit het.

Rosie Morrison, het toegelaat dat daar ’n foto van haar geneem word wat later op die sosiale netwerk opslae veroorsaak het.

’n Politieke waarnemer sê dit is die beste manier om die agteruitgang van die nuwe demokrasie aan die wereld bekend te stel, en moet miskien meer gereeld gedoen word.

Die R36 tussen die twee dorpe het glo nie minder as 310 slaggate nie, en het nou bykans onrybaar geword. Die swaar reën van die afgelope week het die pad oppervlakte nog verder laat verkrummel, en is die slaggate plek-plek tot drie keer groter, en moet nou dringend herstel word om totale chaos te vermy in die gebied.