Skerpskutters het dood in Kief veroorsaak

Die Minister van Buitelandse Sake in Estonië het bevestig dat die opname van sy gesprek met die Europese Unie (EU) se hoof van buitelandse beleid, Catherine Ashton, wel outentiek is. Urmas Paet sê dat die skerpskutters wat op protesteerders en die polisie in Kief geskiet het, is deur die Maidan leiers gehuur.

Hy het dit betreur dat die vertroulike gesprek rugbaar gemaak is. In ‘n persverklaring oor die dramtiese gebeure in Kief, het Paet gesê dat die hele aangeleentheid deur ‘n onafhanklike liggaam ondersoek moet word.

Ashton se kantoor het gesê dat hulle nie op "gesprekke wat afgeluister is, kommentaar lewer nie." Ook die VSA het geweier om te reageer en slegs gesê dat dit tipies is van hoe die Russe te werk gaan.

Die oproep het plaasgevind nadat Estonia se Minister van Buitelandse Sake, Ermas Paet, Kief op die 25ste Februarie besoek het tydens die botsings tussen die pro-EU protesteerders en veiligheidsmagte in die hoofstad van die Oekraïne.

Die gesprek is na bewering deur amptenare van die Sekuritietsdiense van Oekraïne wat lojaal is aan die uitgeweke President Viktor Yanukovich op die web gelaai. 

Gedurende die gesprek beklemtoon Paet dat daar duidelik verstaan word dat "dit nie Yanukovich was wat agter die skerpskutters was nie, maar iemand van die nuwe koalisie." Hy het dit ook beklemtoon dat die skerpskutters na twee kante toe geskiet het – die polisie sowel as die protesteerders.

Ashton se reaksie was glo: "Wel, ja … dis erg," en het genoem dat die aangeleentheid ondersoek moet word.

Nege-en-veertig mense is dood en 900 beseer gedurende die botsings tussen die polisie en protesteerders op Maiden Plein in Kiev verlede maand.

Ingeligte waarnemers sê dat die gesig agter die onluste en skerpskutters in Kief, waarskynlik dié van die Amerikaanse biljoener, George Soros is. As bewys vir hierdie stelling word genoem dat hy agter die skerms talle Nie-regeringsorganisies (NGO’s) finansier en openlik die Oekraïniese Internasionale Renaissance Stigting (IRF) gestig het, wat ander GMO’s aanmoedig om befondsing van die EU te kry.

Die IRF was ook openlik en nou betrokke by die aktivistiese organisasie, Spilna Sprava wat sentraal gestaan het in die onluste verlede maand en verantwoordelik was vir die bestorming en skade aan regeringsgeboue.

Foto – Catherine Ashton