Skaliegas sal speelveld verander

Edna Molewa, die Minister van Water en Omgewingsake sê die ontginning van skaliegas sal die speelveld vir die land verander, maar die impak van die omgewing moet deurlopend in berekening gebring word,

Pogings is aangewend om die vrese te besweer wat die SKA-projek kan laat voortgaan, ongeag die uiteinde daarvan.

“As ons kan bepaal daar is werklik soveel skaliegas soos wat aan ons voorgehou word, sal dit die speelveld vir Suid-Afrika verander,” het die minister gesê.

Die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, het self ook ’n eier gelê deur daarna te verwys as “die spel verandering”.

Dit is nie ’n kwessie van of die ontginning gaan plaasvind nie, maar wanneer dit gedoen gaan word, het Peters gesê.

Sy was glo in vervoering toe sy gesê het die Internasionale Energie-agentskap het hulle meegedeel dat hulle nou “die goue tydperk van gas betree.”

Talle belanghebbendes het hulle kommentaar en mening ingedien en die minister van minerale is glo gereed om dit te verwerk.

“Eers ná die afhandeling van die eks­plorasie sal ons oor ontginning besluit,” het Molewa gesê.

Derek Hanekom, die voormalige minister van Landbou, wat nou minister van Wetenskap en Tegnologie is, sê die SKA-projek is ’n internasionale projek van groot belang vir die land.

“Dit hou geen gevaar in nie. Daar was baie noue beraadslaging oor waar eksplorasie toegelaat sal word en waar nie,” het hy gesê.