Sies, dit is vieslik

Die reaksie van mense van Botrivier, in die Wes-Kaap, was een van uiterste skok toe ’n bobbejaan verlede week in die openbaar op die dorp geslag is.

Een inwoner het verontwaardig gevra waar is die gesondheidsreëls van die land, en ’n ander wou weet of dit nie deur die polisie gestop moes word nie.

“Wat moet die kinders hieruit leer?’ het een verbyganger gevra.

’n Ander persoon het dit bestempel as vieslik en die swarte moet vervolg word.

Die liederlike optrede is glo met foto belig op die sosiale netwerke, waar die swartman in ’n oorpak, wat lyk soos die van die munisipaliteit, die dier slag.

’n Woordvoerder van die munisipaliteit, ene Stiffie Cronjé, het gesê hulle het nie enige inligting oor die aangeleentheid nie.

Justin Lawrence, CapeNature se woordvoerder, het gesê hulle is van die voorval in kennis gestel en het in samewerking met polisiebeamptes beslag gelê op die karkas.

“Die slag van enige wilde dier behoort met groot omsigtigheid hanteer te word want dit kan ’n aantal patogene bevat wat aan mense oorgedra kan word, en as ’n karkas geslag word, moet voorsorgmaatreëls en gestelde standaarde nagekom word, want dit kan gesondheidsgevare inhou,” het Lawrence gesê.

 

.