Seun in hegtenis geneem

Herman Pienaar en sy vrou, Christine, wie se lyke in hulle woonhuis in Valhalla gevind is, se seun Herman jr., is in hegtenis geneem in die Boksburg omgewing nadat hy blykbaar met die egpaar se motor op die vlug geslaan het.

Hy word verdink van moord op sy ouers.

Die 35-jarige seun van die egpaar is sedert Vrydag­oggend soek, maar is deur die polisie opgespoor en in hegtenis geneem..

Die agterdog teen die seun het gegroei toe vasgestel is dat hy met die motor van sy ouers weggery het, en dat die kluis oopgemaak is sonder dat daar opsigtelike geweld gebruik was.