SAR benodig nog soldate

Die Verenigde Nasies (VN) se woordvoerder sê dit is nodig dat nog sowat 12,000 soldate in die oorlog geteisterde Sentraal-Afrika Republiek (SAR) ontplooi om die geweld in die land teen te werk en die land weer te probeer stabiliseer.

Die voorgestelde plan is om sowat 10,000 soldate en byna 2,000 polisie in te bring met die bedoeling om burgerlikes te beskerm teen aanvalle van rebellemagte.

Politieke waarnemers sê dit is duidelik dat die VN reeds beplan om ’n sterk mag te vestig met die doel om ’n oorgangstydperk te vestig wat aanvaarbaar sal wees vir die burgerlikes, sowel as moontlike rebellegroepe in die land.

Kommer bestaan oor die nuutste tendens waar Christene ’n rebellemag saamgestel het en weerwraak aanvalle uitvoer teen Seleka-rebelle wat tans die grootste deel van die land beheer.