Sanral kyk na Noord-Transvaal

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) kyk glo na die moontlikheid om e-tol te vestig in Noord-Transvaal nadat meer as 1,600km se paaie in dié provinsie aan Sanral toegewys is.

Dit blyk dat Sanral die bestuur en beheer oor die paaie sal verkry, maar bekommerd is oor die befondsing om die paaie in stand te hou.

Na verneem word, kan dit daartoe lei dat die Padagentskap Noord-Transvaal ook met e-tol gaan toerus om genoeg fondse te in.

Die nuwe wending volg nadat die provinsiale owerheid nie instaat was om die padnetwerk in stand te hou nie.

Die vermoede bestaan ook dat ’n soortgelyke situasie in die Vrystaat en Natal kan ontstaan, aangesien die provinsies se paaie ook in ’n uitermatige swak toestand is.

Kenners is egter bekommerd dat belastings wat gehef word vir pad-instandhouding nie verminder gaan word met die toename in e-tol nie, wat ’n vêrdere las op padgebruikers plaas

Sanral het reeds oorweeg om nuwe e-tol op te rig op die N3, asook op die N1 verder suid van Johannesburg asook op die N12 na Kimberley.

Sanral se omstredenheid het toegeneem met die beoogde plan om die N2 en die N1 in die Wes-Kaap met e-tol toe te rus.