SABC word negatief beleef

Die deelnemers aan ’n onafhanklike meningsopname het glo bevind dat die SABC se nuusberigte nie geloofwaardigheid bied nie, en die ANC bevoordeel.

Dié navorsing wat blykbaar verlede jaar gedoen is bestaan uit ’n reeks vrae wat gerig is tot deelnemers uit alle rasse, en die resultaat daarvan het die SABC in ’n negatiewe lig geplaas.

By verre die meeste van die respondente is van mening dat die ANC bevoordeel word uit nuusberigte en daarmee word die nasionale uitsaaier gestroop van sy geloofwaardigheid.

Die gevolg is dat die publiek hulle wend tot ander TV kanale en selfs e-koerante om nuus te bekom, terwyl die radiodiens van die uitsaaier ook besig is om luisteraars te verloor.

Die verslag wys ook daarop dat redakteurs van die SABC na die pype dans van politici wanneer nuusberigte opgestel moet word.