SABC advertensie afstootlik

Honderde onderwysers is suur en ongelukkig oor ’n advertensie wat deur die SABC se verskillende radio senders uitgesaai word wat daarop mik om jong skoolmeisies te waarsku teen diegene wat hulle kan misbruik in seksuele situasies.

Die onderwysers wys daarop dat die advertensie, met ’n manstem, dat die regering van Wes-Kaap luisteraars se hulp benodig om te keer dat hulle seksuele dade verrig.

Die advertensie is glo ten doel om MIV vigs te bestry.

’n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) sê hy het menige klagtes van onderwysers ontvang omdat die advertensie die indruk skep dat álle manlike onderwysers hulle skuldig maak as pedofiele.

Sulke advertensies is onaanvaarbaar en uiters onverantwoordelik, want dit sal ’n totale wantroue in alle mans in die onderwys veroorsaak.

“Dit is verder ook onaanvaarbaar omdat dit ’n bepaalde groep mans, naamlik onderwysers, die skuldiges maak en gevolglik nie die werklike boodskap oordra nie,” het mnr. Chris Klopper van SAOU gesê.

“Daar is ’n greintjie oneerlikheid in die advertensie wat agter politieke korrektheid skuil en wat aanstootlik is,” het ’n verontwaardigde Klopper gesê.

Ene Kaizer Kganyago, ’n SABC woordvoerder, meen ’n klag moet by die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) ingedien word.

’n Woordvoerder van die Verkennersbeweging sê die advertensie grens aan laster en behoort onverwyld gestaak te word.