Rowers geflous by kitsbank

Toe rowers die kitsbank by ’n Spar-sentrum in Northcliff, Johannesburg opblaas, het hulle gedink die sowat R250,000 in die kitsbank is alles hulle s’n.

Wat was hulle verbasing toe al die geld met ’n blou ink bespuit was wat hulle tot die besef gebring het die geld is nutteloos.

Hulle het die “blou geld” net so gelos en voet in die wind geslaan.

Polisiewoordvoerder Jerbes de Bruyn, sê houers vol ink word deesdae in die kitsbank geplaas en sodra daar met die kitsbank gepeuter word, versprei die ink blitsvinnig om al die geld blou vlekke te gee wat dit nutteloos maak.

Die geld kan weer by die Reserwebank omgeruil word vir nuwe note, deur ’n wettige bankier.