Romanz groet die musiekbedryf.

Die mannekwartet, Romanz ontbind aangesien die groep se vier lede nou op hulle studies en individuele loopbane wil begin fokus.

Hulle het reeds hulle laaste konsert as groep gehou.

André Venter is deur sy dokters aangeraai om nie vir drie maande te sing nie, weens kwaai oorpyn.

André het bygevoeg dat daar geen skandaal op negatiwiteit agter die groep se uittrede is nie. Ook Adam Barnard, Burgerd Botha en Christopher Viljoen het beaam dat die besluit weldeurdag en in eensgesindheid geneem is.