Robot-vliegtuie eis Al-Kaïda lewens

Uit Jemen word berig dat vier lede van die Al-Kaïda terroriste gedood is toe robot vliegtuie van die VSA twee missiele afgevuur het op ’n Al-Kaïda voertuig wat oppad was in die Kalka-streek.

Blykbaar is een van die wat gesneuwel het, bekend as Ali Juraym, ’n senior in die terroriste beweging, wat ook voorheen in die Irakse oorlog betrokke was..

Die VSA het reeds in omstredenheid verval met die gebruik van robot-vliegtuie wat onbeman is, en daarmee missiele afskiet op bepaalde teikens.

Talle gevalle is reeds bekend gemaak waar burgerlikes omgekom het met sulke aanvalle.

Nieteenstaande alles, het die Amerikaanse weermag die robotvliegtuie begin gebruik om teen Al-Kaïda op te tree en is tientalle terroriste reeds uit die weg geruim op die manier