Rebelle ontwrig Filippyne

Kommunistiese rebelle het ’n reeks aanvalle geloods in die Filippyne en sowat 12 regeringsoldate gedood en 10 gewond.

Regeringswoordvoerders in die Filippyne sê dat twee rebelle doodgeskiet is in die aanvalle en ’n aantal is gevange geneem.

Na wat berig word, het ongeveer 60 rebelle van die New People’s Army ’n polisiestasie aangeval wat tot ’n geskiet tussen rebelle en polisie veroorsaak het.

Verskeie ander aanvalle deur rebelle het plaasgevind. In een aanval is twee rebelle doodgeskiet, maar in ’n derde aanval elders in die land, het rebellemagte ’n bom laat ontplof by ’n weermagvoertuig waartydens agt soldate gesneuwel en sewe ernstig gewond is.