Privaatskool staan sterk oor kleredrag

Die Deutsche Internationale Schule Kapstadt is ’n privaatskool wat tot hede enige tradisionele drag van bepaalde gelowe verbied, maar het nou sy beleid ietwat verander.

In ’n verklaring sê die hoof van die skool dat  die wysiging aangebring is nadat daar na al die standpunte en advies van ‘n verskeidenheid instansies geluister is, het die raad besluit om die kleredrag-kode te wysig en bepaalde uitsonderings aan skooluniforms toe te laat vir ’n interim tydperk tot sodanige leerling in ’n ander skool plek sal vind.

’n Leerling wat aandring op tradisionele godsdiens-kleredrag sal as “besoekende skoliere” beskou word.

‘n Moslem ouer het die skool genader om sy dogter te registreer. Hy is meegedeel dat hy ‘n gedragskode moet onderteken.

Die kode bepaal ondermeer dat die dogter geen tradisionele hoofbedekking mag dra nie, en die ouer het geweier om dit te onderteken.

Die skool het glo die beleid so geformuleer met die doel om moontlike konfrontasie te vermy.

Die Graad 9-leerling het toe tydelike toegang as besoekende leerling, wat nie onderworpe is aan die vorige bepaling nie.

Die dogter se tydelike toestemming is nou reeds twee keer verleng sodat die gesin ‘n alternatiewe skool kon vind. 

’n Woordvoerder van die skool het gesê die dogter het tydens dié tydperk elke dag ‘n tradisionele hoofbedekking gedra, wat as spesiale reëling gegeld het.

Nadat die toestemming opgeskort is, het sy die skool verlaat.

Panyaza Lesufi,  ‘n woordvoerder van Departement van Onderwys sê die dra van godsdienstige kleredrag is ‘n grondwetlike reg en mag nie misken word nie.