Polisie vernietig drank

Alkoholiese drank wat onwettig verkoop word, en deur die polisie gekonfiskeer is, het nou in ’n rioolsloot beland.

Die polisie het gedurende die Desembervakansie op sowat 93,000 liter drank beslag gelê en ongeveer 350,000 tuisgemaakte kopieë van DVD’s en CD’s wat nou vernietig is.

Genl. Riah Phiyega, die Polisiehoof, sê mense wat onwettig drank verkoop, dra by tot misdaad en drankmisbruik, of die onwettige handel daarin is ’n ernstige misdaad.

Die polisiehoof sê dat roof kopieë die ekonomie benadeel en die praktyk moet gestuit word, en daarom gaan die polisie nog talle klopjagte uitvoer.