Poetin benoem vir Nobelprys

Die Russiese president, Wladimir Poetin is vir die Nobelprys vir Vrede benoem. Die aankondiging is deur die voorsitter van die Nobel Instituut in Oslo, Geir Lundestad, gemaak.

Die jaar se benoemings staan reeds op ‘n rekordgetal van 278 kandidate en 47 organisasies.

"Dit is die eerste keer dat ons soveel benoemings gekry het," het Lundestad gesê.

Ander individue wat voorgestel is, is Pous Francis en die bekende fluitjieblaser, Edward Snowden.

Die verkorte lys word aan die einde van Mei vrygestel, en die stemming sal in Oktober gehou word. Die prysuitdeling en seremonie sal in Desember plaasvind.

Foto – Wladimir Poetin