Petrolprys skok

Die departement van energie het op 28 Februarie bekend gemaak dat die prys op alle oktaan petrol in die binneland vanaf 5 Maart gaan verhoog met 36c per liter. Dit is die hoogste prys ooit in Suid-Afrika.

Diesel se prys verhoog onderskeidelik met 27c en 28c per liter op 0.05% en 0.005% swaelinhoud. Die groothandelprys op paraffien verhoog met 16c per liter en LP gas verhoog met 58c per kilogram.

Petrol met 95 oktaan gaan die motoris vanaf 5 Maart R14.32 per liter kos.

Die gemiddelde Brent ru-olieprys vir Januarie was $110.73 en vir Februarie $108.35 per vat. Die gemiddelde rand wisselkoers teenoor die dollar was vir die dieselfde maande R103581 en R108108.  Soos deur die minister van finansies verlede week in sy tussentydse begroting aangekondig gaan daar effektief vanaf 5 April ‘n verhoogde heffing op brandstof van 20c per liter bygevoeg word.