Papegaai wys moordenaar

Vir dae het die polisie in Agra, Indië rond geskarrel om leidrade te vind vir die raaiselagtige moord op ’n vrou tot die papegaai die moordenaar uitgewys het.

Neelam Sharma (45) is in haar huis vermoor en haar eggenoot, Vijay, die redakteur van ’n koerant, het later vasgestel dat hul papegaai elke keer hard begin skree het wanneer sy neef Ashutosh die huis besoek nadat die moord plaasgevind het.

Voorheen het dit na die beste van sy wete, nie gebeur dat die papegaai so lawaai as iemand die huis binnekom nie.

Wanneer gesprekke plaasvind het die papegaai elke keer hard geskree as die naam

Ashutosh genoem word.

Die koerantredakteur het agterdogtig geword, en die polisie hieroor ingelig, wat daartoe gelei het dat die polisie die man ondervra het en hy uiteindelik erken het dat hy die moord gepleeg het.

Hy het gesê hy is na die huis om geld en juwele te steel maar was bekommerd dat die dame hom sou erken, wat meegebring het dat hy haar en die hond om die lewe gebring het.

’n Polisiebeampte het hom vermaan en gesê hy moes eerder die papegaai vermoor het.