Paaie en strate verspoel

Talle paaie het verspoel, slaggate word al groter, grondpaaie is totaal onbegaanbaar en selfs die teerstrate in plekke soos Sandton is besig om gevaarlik in te sink.

Die aanhoudende reën gedurende die afgelope week het nie net paaie in die Transvaal onbegaanbaar gemaak nie, maar ook talle laagwater brûe is beskadig deur die vloedwater.

In Sandton het verskeie strate groot insinkings en selfs die middestad van Johannesburg het gevaarlike gate in strate opgedoen.

Ervare padbou-kontrakteurs is van mening dat die konstruksie van die meeste paaie nie bestand is teen die swaar reën nie, en in gebiede waar kleigrond voorkom is die struktuur geneig om ineen te stort.