In Rusland het die
Alexei Navalny is een van Rusland se vooraanstaande politieke figure en ’n verbete vegter om korrupsie uit te roei.
Navalny is saam met ’n aantal ondersteuners verdoem toe hulle vroeër vanjaar ’n lywige verslag gepubliseer het op hulle webblad waarin korrupsie uitgewys word wat ter voorbereiding van die Olimpiese Winterspele in Sotsji plaasgevind het.
Navalny se ondersteuners het op sy blog bekend gemaak dat hy aangekla is van bedrog en daarop skuldig bevind is en onder huisarres geplaas is.
Gedurende 2013 is hy aan bedrog skuldig bevind en sou vyf jaar gevangenisstraf moes uitdien, maar is vrygelaat toe grootskaalse betogings in Moskou begin is.
Navalny is reeds verskeie kere as ’n rassis uitgekryt, maar derduisende Russe skaar hulle agter die man.
Foto – Alexei Navalny
Goeiedag Boere,
Ek is nou nie seker of Navalny op ‘n regverdige en geregtelike wyse aan bedrog skuldig bevind was, en of die ou gevestigde KGB-truuks nie maar weer vlugtig na die oppervlak gebring was nie.
Die laaste ruk se media-berigte, waarin Vladimir Putin die nuus gehaal het, lyk maar al te veel vir my na die tipe KGB-aksies waaraan ons destyds gedurende die koue-oorlog van hulle gewoond geraak het. Rusland se betrokkenheid by die Oekraïne-krises sinspeel maar net weer op hul ou gevestigde hardhandigheid.
Weet verseker, ou Pik Botha se leuen van 20 jr. gelede, dat kommunisme dood is, goël nog steeds in sy drankrekening.
Boeregroete,
DuP
Ou Putin is steeds ‘n hoofman van die ou KGB. Het wel nou ‘n nuwe naam soos die Afrikaner Broederbond verander het na ‘n ‘aanvaarbare meer oop’ dinkskrum die Afrikaner Bond – het seker darem hul ou truuks last vaar?. Die nuwe Waarnemende President in die Oekraine is ‘n Baptiste Predikant wat basies die Christelike alliansie lei om meer demokratiese en westerse waardes te bevorder in teenstelling met die meer oop kommunistiese diktatuur. Hulle verdien ons gebede en europese hulp.
Ek sou nie se dat Putin verkeerd is hier nie, hy is nie n liggewig nie en sy steun is sterk. Of hy KGB is of nie, sy beleid van Rusland vir die Russe is vir my goed