Ondersoek na Pippie-Fonds gestop

Bewerings wat deur verskeie instansies gemaak is dat die Pippie se Gesiggie-fonds wanaangewend word, sou deur die Valke ondersoek word.

Na weke van stilte, het die Valke glo aangekondig dat daar tans niks is wat ondersoek kan word nie.

Die verklaring is gemaak nadat die News24 se koerant berig het dat daar bewerings van ongerymdhede bestaan aangesien die gesin ’n strandhuis gekoop het.

Later het dit geblyk dat die strandhuis deur die Kruger-egpaar se ouers gekoop is en nie deur hulleself nie.

Nadat die Valke sekere dokumente by die Nasionale direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) ingehandig het, is besluit  dat strafregtelike optrede nie gedoen word nie en dat die saak gesluit is.