Oekraïne en Frankryk praat

Samesprekings is gevoer tussen die Frankryk se minister van Buitelandse Sake, Laurent Fabius, en die tussentydse minister van Buitelandse Sake van die Oekraïne, minister Andriy Deshchytsya oor die sogenaamde krisis in die Oekraïne.

Beide die ministers het verklaar dat hulle geen begeerte het om met Rusland te twis, of in ’n oorlog betrokke te raak met die Russe nie.

Deshchytsya het gesê hulle verkies om goeie verhoudinge met Rusland te handhaaf en deurlopend in gesprek te bly met mekaar.

“Ons verkies om die aangeleentheid vreedsaam op te los, want ons wil nie met Rusland veg nie,” het hy gesê.

Minister Fabius het gesê dat Frankryk, en Duitsland glo aan ’n ferm houding teenoor Rusland, maar wil ook vorentoe beweeg in gesprekvoering met die Russe.

Waarnemers van Internasionale politieke gebeure sê die president van Rusland, Vladimir Poetin, het tot hede uitgestyg in staatsmanskap teenoor die leiers van die Weste, waaronder Obama en ander Europese leiers getel word.

Pres. Poetin het herhaaldelike kere daarop gewys dat daar nie sprake is van oorlog teen die Oekraïne nie, maar dat sy troepe daar is om beskerming te bied.

Intussen het die VSA ook gesprekke gevoer met regeringslui van die Oekraïne waarin vae beloftes gemaak is om ’n missiel-aanleg vir dié land op te rig.

 

Foto – Andriy Deshchytsya